3. Dawid het toe die hele Israel in Jerusalem laat bymekaarkom om die ark van die Here na die plek te bring wat hy daarvoor gereedgemaak het.
4. Hierdie is die priesters en Leviete wat saamgeroep is:
5. Daar was 120 van die Kehatgroep, met Uriël as hulle leier.
6. Daar was 220 van die Merarigroep, met Asaja as hulle leier.
7. Daar was 130 van die Gersongroep, met Joël as hulle leier.
8. Daar was 200 van die Elisafangroep, met Semaja as hulle leier.
9. Daar was 80 van die Hebrongroep, met Eliël as hulle leier.
10. Daar was 112 van die Ussiëlgroep, met Amminadab as hulle leier.
11. Dawid het ook vir Sadok en Abjatar, die priesters, en die Leviete Uriël, Asaja, Joël, Semaja, Eliël en Amminadab ontbied.
12. Hy het vir hulle gesê: “Julle is die leiers van die Levietefamilies. Julle moet julleself en julle mede-Leviete afsonder sodat julle die ark van die Here, die God van Israel, na die plek kan bring wat ek daarvoor gereedgemaak het.
13. Omdat julle Leviete nie die eerste keer die ark gedra het nie, het die woede van die Here ons God teen ons ontbrand. Ons het God nie gevra hoe om dit op die regte manier te verskuif nie.”
14. Die priesters en die Leviete het hulleself afgesonder sodat hulle die ark van die Here, die God van Israel, na Jerusalem kon bring.