1 Kronieke 13:7-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Hulle het die ark van God vanaf die huis van Abinadab op ’n nuwe wa vervoer, met Ussa en Agjo wat dit lei.

8. Dawid en almal van Israel het voor God feesgevier met al hulle mag. Hulle het gesing en op allerlei musiekinstrumente gespeel, op siters, harpe, tamboeryne, simbale en trompette.

9. Toe hulle by die dorsvloer van Nakon kom, het die osse gestruikel. Ussa wou keer en het sy hand uitgesteek om die ark te keer.

10. Die woede van die Here het teen Ussa ontbrand, en Hy het hom doodgeslaan omdat hy sy hand op die ark gesit het. Ussa het daar in die teenwoordigheid van God gesterf.

11. Dawid was ontevrede omdat die Here se woede teen Ussa ontbrand het. Hy het daardie plek Peres-Ussa genoem, wat “uitbraak teen Ussa” beteken. Dit word tot vandag toe so genoem.

12. Omdat Dawid toe vir God bang was, het hy gevra: “Hoe kan ek ooit die ark van God terugneem in my sorg?”

13. Daarom het Dawid besluit om nie die ark na die Stad van Dawid te verskuif nie. Hy het dit na die huis van Obed-Edom, die Gittiet, laat gaan.

14. Die ark van God het vir drie maande by Obed-Edom se familie in sy huis gebly. Die Here het hom en sy hele huishouding geseën.

1 Kronieke 13