1 Kronieke 13:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Toe het Dawid en die hele Israel na Baäla gegaan wat in Juda is, wat ook Kirjat-Jearim genoem word. Hulle het die ark van God daarvandaan gaan haal. Dit is die ark wat die naam dra van die Here wat tussen die gerubs woon.

7. Hulle het die ark van God vanaf die huis van Abinadab op ’n nuwe wa vervoer, met Ussa en Agjo wat dit lei.

8. Dawid en almal van Israel het voor God feesgevier met al hulle mag. Hulle het gesing en op allerlei musiekinstrumente gespeel, op siters, harpe, tamboeryne, simbale en trompette.

1 Kronieke 13