1 Kronieke 13:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dawid het al sy amptenare, insluitend die aanvoerders en offisiere van sy leër, om raad gevra.

2. Hy het ook die hele vergadering van Israel toegespreek: “As julle dit goedkeur en dit die wil van die Here ons God is, laat ons boodskappers na al die Israeliete deur die hele land stuur, ook na die priesters en die Leviete in die stede met hulle weiveld. Laat ons hulle nooi om by ons aan te sluit.

3. Want nou is die tyd dat ons die ark van ons God na ons toe terugbring, want ons het dit in die dae van Saul verwaarloos.”

4. Die hele vergadering het saamgestem, want die volk kon sien dat dit die regte ding is om te doen.

5. Dawid het al die mense van Israel bymekaargebring, van een kant van die land na die ander kant toe, om die ark van God uit Kirjat-Jearim te bring.

6. Toe het Dawid en die hele Israel na Baäla gegaan wat in Juda is, wat ook Kirjat-Jearim genoem word. Hulle het die ark van God daarvandaan gaan haal. Dit is die ark wat die naam dra van die Here wat tussen die gerubs woon.

7. Hulle het die ark van God vanaf die huis van Abinadab op ’n nuwe wa vervoer, met Ussa en Agjo wat dit lei.

1 Kronieke 13