32. Die arrogante een sal struikel en val, met niemand om hom op te tel nie en Ek sal sy stede aan die brand steek en dit sal sy hele omgewing verteer.”
33. So sê יהוה-Tzva’ot: “Die seuns van Yisra’el en die seuns van Y’hudah is onderdruk en almal wat hulle gevange geneem het, hou hulle vas, hulle het geweier om hulle te laat gaan.”
34. Hulle Loskoper is sterk, יהוה-Tzva’ot is Sy Naam; Hy sal hulle saak kragtig verdedig sodat Hy rus aan die aarde sal gee, maar onrus aan die inwoners van Bavel.
35. “’n Swaard teen die Kasdeërs,” verklaar יהוה “en teen die inwoners van Bavel en teen haar amptenare en teen haar wyse manne!
36. ’n Swaard teen die priesters van geestesopenbaring en hulle sal dwase word! ’n Swaard teen haar magtige manne en hulle sal verbrysel word!
37. ’n Swaard teen haar perde en haar strydwaens en teen al die vreemdelinge wat in haar midde is en hulle sal lafaards word! ’n Swaard teen haar skatte en hulle sal geplunder word!
38. ’n Droogte oor haar waters en hulle sal opgedroog word, want dit is ’n land van afgode en hulle is gek oor vreesaanjaende afgode;
39. daarom sal daar woestyngediertes bly saam met jakkalse; daar sal ook volstruise in bly en dit sal nooit weer bewoon of in oorgebly word nie, van geslag tot geslag,
40. soos toe God S’dom en `Amorra met hulle bure omvergewerp het,” verklaar יהוה, “geen mens sal daar leef nie en geen seun van ’n mens daarin bly nie.Yir 51:11
41. Let op, ’n volk kom uit die noorde en ’n groot nasie en magtige konings sal opgewek word uit die afgeleë dele van die aarde.
42. Hulle gryp hulle boog en spies; hulle is wreed en het geen genade nie. Hulle stemme dreun soos die see en hulle ry op perde, gewapend soos ’n man vir die oorlog; teen jou, o dogter van Bavel!Dan 5:6
43. Die koning van Bavel het die rapport oor hulle gehoor en sy hande hang slap; benoudheid het hom aangegryp, angs soos van ’n vrou wat geboorte gee.
44. Let op, een sal soos ’n leeu uit die ruigtes van die Yarden opkom teen die standhoudend natgemaakte weiding, want in ’n oomblik sal Ek hom daarvan laat weghardloop en wie ook al gekies is, sal Ek daaroor aanstel, want wie is soos Ek en wie sal My dagvaar; wie is dan die herder wat teen My kan staan?”
45. Hoor en luister daarom na die plan van יהוה wat Hy teen Bavel beplan het en Sy doelwitte wat Hy bedoel het teen die land van die Kasdeërs: waarlik, hulle sal die kleinstes van die kudde wegsleep; sekerlik sal Hy hulle weiveld ’n woesteny maak as gevolg van hulle.
46. Met die uitroep: “Bavel is ingeneem” word die aarde geskud en ’n uitroep word onder die nasies gehoor.