18. יהוה sê daarom aangaande Y’hoyakim, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah: “Hulle sal nie oor hom rou nie: ‘Ag, my broer!’ of ‘ag, suster!’ nie. Hulle sal nie oor hom rou nie: ‘Ag, vir die meester!’ of ‘ag, vir sy majesteit!’ nie.2 Kon 24:6
19. Hy sal met ’n donkiebegrafnis begrawe word, weggesleep en uitgegooi anderkant die poorte van Yerushalayim.
20. Gaan op na L’vanon en roep uit, lig jou stem op in Bashan; roep ook uit vanaf `Avarim, want al jou minnaars is vergruis.
21. Ek het met jou gepraat in jou voorspoed, maar jy het gesê: ‘Ek sal nie luister nie.’ Dit is wat jy gedoen het van jou jeug af: jy het nie My stem gehoorsaam nie.
22. Die wind sal al jou herders wegwaai en jou minnaars sal in gevangeskap gaan; dan sal jy beskaamd en vernederd staan weens al jou boosheid.
23. Jy wat bly in L’vanon, nes gemaak het in die seders; hoe sal jy kreun as steekpyne oor jou kom, pyn soos ’n vrou wat geboorte gee!
24. So waar as wat Ek leef,” verklaar יהוה, “alhoewel Y’koniyahu, die seun van Y’hoyakim, koning van Y’hudah, ’n seëlring aan My regterhand was, nogtans sal Ek jou afruk
25. en Ek sal jou oorgee in die hand van hulle wat jou lewe soek en in die hand van hulle vir wie jy bang is, in die hand van N’vukhadnetzar, koning van Bavel en in die hand van die Kasdeërs.
26. Ek sal jou en jou moeder wat aan jou geboorte gegee het, wegslinger na ’n ander land waar julle nie gebore is nie en daar sal julle sterf,
27. maar na die land waarheen hulle begeer om terug te kom, daarheen sal hulle nie terugkeer nie.2 Kon 24:8-15; 2 Kro 36:9,10
28. Is hierdie man, Koniyahu, ’n veragte, verbrokkelde houer, of is hy ’n onbegeerlike voorwerp? Waarom is hy en sy geslag weggeslinger en weggegooi na ’n land wat hulle nie geken het nie?”
29. O Land, land, land, hoor, luister en doen die woord van יהוה!
30. So sê יהוה: “Skryf hierdie man op as kinderloos, ’n man wat nie voorspoedig sal wees in sy dae nie, want niemand van sy nageslag sal voorspoedig wees en sit op die troon van Dawid of heers oor Y’hudah nie.”Mal 2