10. Ek, יהוה, deursoek die verstand, wil en emosie, Ek toets die gedagtes, om aan elkeen te gee volgens sy lewenswyse, volgens die vrug van sy dade.
11. Soos ’n patrys wat eiers uitbroei wat hy nie gelê het nie, so is hy wat ’n fortuin maak, maar onregverdig; in die middel van sy dae sal dit hom verlaat en aan die einde sal hy ’n dwaas wees.”
12. ’n Troon van eer, lof en aanbidding, verhewe van die begin af, is die plek van ons afsondering.Yog 4:10
13. O יהוה, die Verwagting van Yisra’el! Almal wat U verlaat, sal beskaam word; wie op die aarde wegdraai sal opgeskryf word omdat hulle יהוה, die Fontein van lewende water, verlaat het.
14. Maak my gesond, יהוה en ek sal gesond wees; red my, dan sal ek gered wees, want U is my Lofprysing.
15. Let op, hulle sê vir my: “Waar is die boodskap van יהוה? Laat dit nou kom!”
16. Wat my betref, ek het U nie aangepor om boosheid te bring nie en ek het ook nie enige man se ongelukkige dag begeer nie; U weet self dat dit wat uit my lippe uitgegaan het, in U Teenwoordigheid was.
17. Moenie ’n verskrikking vir my wees nie; U is my Toevlug in die dag van rampe.
18. Laat die wat my vervolg beskaamd staan, maar laat my nie beskaamd word nie; laat hulle ontsteld wees, maar laat my nie ontsteld wees nie. Bring oor hulle ’n dag van rampe en vergruis hulle met ’n dubbele verwoesting.
19. So het יהוה vir my gesê: “Gaan staan in die publieke poort, waardeur die konings van Y’hudah in- en uitgaan, sowel as in al die poorte van Yerushalayim
20. en sê vir hulle: ‘Luister na die woord van יהוה, konings van Y’hudah, die hele Y’hudah en al die inwoners van Yerushalayim wat deur hierdie poorte ingaan:Neg 13:15-22
21. so sê יהוה: “Neem kennis vir julle eie onthalwe en dra geen vrag op die Shabbat nie en bring ook niks deur die poorte van Yerushalayim nie.