7. want dit is beter dat vir jou gesê word: “Kom op hoër,”
8. Moenie haastig uitgaan om iemand aan te kla nie; anders, wanneer jy jou saak stel, sal jou naaste jou aan die einde verag.
9. Bespreek jou saak met jou naaste, met homself en moenie die geheim aan ’n ander openbaar nie
10. sodat hy wat dit hoor, jou nie verag en baie mense met jou spot nie.
11. ’n Woord wat toepaslik gesê word, is soos appels van goud op silwer versierings.
12. Die berisping deur ’n wyse, aan ’n oor wat luister, is soos ’n goue oorring en ’n kosbare edelsteen.
13. Soos die koue van sneeu in die oestyd, wat die lug afkoel, so is ’n betroubare boodskapper vir hulle wat hom stuur, want hy verfris die lewe van sy meesters.
14. ’n Man wat hom roem op valse geskenke, is soos wolke en wind sonder reën.
15. Deur lank aan te hou word ’n heerser oortuig en ’n sagte tong verbreek die gebeente.
16. Wanneer jy heuning vind, eet soveel as wat vir jou genoeg is sodat jy nie daarvan vol sal word en naar word nie.
17. Moenie jou naaste se huis te gereeld besoek nie sodat hy nie moeg kan word van jou en jou haat nie.
18. ’n Man wat vals getuienis teen sy naaste gee, is soos ’n knopkierie, ’n swaard en ’n skerp pyl.
19. Soos ’n slegte tand en ’n geswikte voet, so is vertroue op ’n onbetroubare man in die tyd van moeilikheid.
20. Soos een wat ’n kledingstuk wegvat by sy naaste in koue weer, soos een wat sand gooi op die snare van ’n musiekinstrument, soos een wat ’n gebroke gees teister, soos ’n vismot op ’n kledingstuk en ’n boorwurm op ’n boom, so is die effek van smart op die verstand, wil en emosie van ’n man.Rom 12:20
21. As jou vyand honger is, gee hom brood om te eet en as hy dors is, gee hom water om te drink,
22. want deur dit te doen hoop jy gloeiende kole op sy kop en יהוה sal jou beloon.
23. Soos die noordewind wat reën bring, so is ’n boosaardige gesig en ’n tong wat agteraf praat.
24. Dit is beter om op die hoek van ’n dak te bly, as by ’n twisgierige vrou en ’n huis verdeeld in homself.