Psalms 57:2-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Ek sal uitroep tot God, die Allerhoogste (Elyon), tot God my Verlosser,

3. want Hy het vanuit die hemel gestuur en my verlos; Hy het my vyande beskaam. God sal Sy goedheid en Sy waarheid uitstuur.

4. Hy het my lewe bevry van die wreedaardige terwyl ek in vrees geslaap het; van die seuns van die mens, wie se tande spiese en pyle is en hulle tonge skerp swaarde.

5. Wees U verhewe bo die hemele, o God, laat U Gemanifesteerde Teenwoordigheid bo die hele aarde wees!

6. Hulle het ’n net vir my voete voorberei; hulle het ’n put vir my lewe gegrawe, waarin hulle self geval het.Ps 108:1-6

7. My binneste word voorberei, o God, my binneste is voorberei; ek wil sing en musiek maak in my lof, eer en aanbidding.

8. Ontwaak, my harp, ontwaak, lier en harp! Ek self sal vroeg opstaan!

9. Ek wil U loof en dank met uitgestrekte hande onder die volke, o יהוה, ek sal sing tot U Karakter en Outoriteit (Naam) onder die nasies,

10. want U goedheid is verhef tot by die hemele en U getrouheid tot by die wolke.

11. Wees U verhewe o God, bo die hemele, laat U lof, eer en aanbidding bo die hele aarde wees!

Psalms 57