Psalms 45:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier; volgens: “Lelies (Shoshannim):” ’n onderriggewende gedig van die seuns van Korag; ’n lied van liefde. 2 My binneste borrel oor van goeie nuus en ek vertel my dade aan die koning; my tong is die pen van ’n vaardige skrywer.

2. U is mooier as die seuns van die mens; onverdiende guns is uitgestort oor u lippe; daarom het God u geseën vir ewig.

3. Gord u swaard aan u heup, o magtige krygsman, met u lof, eer en aanbidding en u majesteit;

4. U majesteit is triomferend! Ry op die Boodskap van waarheid, nederigheid, onpartydige opregtheid; U leringe word bevestig deur respekvolle vrees vir u regterhand!

5. U pyle is skerp, laat hulle die hart van die koning se vyande deurboor en laat die volke onder u val.

6. U troon, o God, is vir ewig en ewig; die septer van U Koninkryk is ’n septer van regverdigheid.Heb 1:7-9

Psalms 45