Numeri 2:1-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en gesê:

2. “Die seuns van Yisra’el moet kamp opslaan, elkeen by sy eie banier, langs die embleem van hulle vaders se huise; op ’n afstand, rondom die Tent van Ontmoeting, moet hulle kamp opslaan.

3. Aan die oostekant, na die opkomende son, moet hulle onder die banier van Y’hudah, kamp opslaan, volgens hulle leërafdelings en Nagshon, die seun van `Amminadav, sal leier wees oor die seuns van Y’hudah.

4. Sy leër is getel as vier en sewentig duisend ses honderd (74 600).

5. Die wat langs hom kamp opslaan, sal die stam van Yissakhar wees en N’tan’el, die seun van Tzu’ar, sal leier wees oor die seuns van Yissakhar.

6. Sy leër is getel as vier en vyftig duisend vier honderd (54 400).

7. Daarna kom die stam van Z’vulun en Eli’av, die seun van Helon, sal leier wees oor die seuns van Z’vulun.

8. Sy leër is getel as sewe en vyftig duisend vier honderd (57 400).

9. Al die wat getel is in die kamp van Y’hudah was honderd ses en tagtig duisend vier honderd (186 400), volgens hulle leërafdelings. Hulle moet eerste opbreek.

10. Aan die suidekant sal die banier van die kamp van Re’uven wees volgens hulle leërafdelings en Elitzur, die seun van Sh’de’ur, sal leier wees oor die seuns van Re’uven.

11. Sy leër is getel as ses en veertig duisend vyf honderd (46 500).

12. Die wat langs hom kamp opslaan, sal die stam van Shim’on wees en Shlumi’el, die seun van Tzurishaddai, sal leier wees oor die seuns van Shim’on.

13. Sy leër is getel as nege en vyftig duisend drie honderd (59 300).

14. Daarna kom die stam van Gad en Elyasaf, die seun van Re’u’el, sal leier wees oor die seuns van Gad.

15. Sy leër is getel as vyf en veertig duisend ses honderd en vyftig (45 650).

16. Al die wat getel is in die kamp van Reu’ven was honderd een en vyftig duisend vier honderd en vyftig (151 450) volgens hulle leërafdelings. Hulle moet tweede opbreek.

17. Daarna moet die Tent van Ontmoeting opbreek: die kamp van die Leviete, in die middel van die ander kampe. Soos hulle kamp opslaan, so moet hulle opbreek, elkeen op sy plek, volgens hulle baniere.Num 3:23-38

18. Aan die westekant sal die banier van die kamp van Efrayim wees, volgens hulle leërafdelings en Elishama, die seun van `Ammihud, sal leier wees oor die seuns van Efrayim.

Numeri 2