Markos 12:1-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy het begin om deur ’n vergelykende storie vir hulle te sê: “’n Sekere man het ’n wingerd geplant, ’n heining rondom gesit, ’n parskuip gegrawe, ’n wagtoring gebou, die sorg daarvan aan werkers oorgegee en na ’n ander land gegaan.

2. In die tyd dat hy vrugte van die wingerd kon ontvang, stuur hy sy slaaf na die werkers toe,

3. maar hulle het hom gevat en geslaan en hom met niks weggestuur.

4. Weer het hy ’n ander slaaf na hulle toe gestuur en op dieselfde manier het hulle hom met klippe gegooi en gewond en hom in skande weggestuur.

5. Weer het hy ’n ander een gestuur en hom het hulle doodgemaak. Ook baie ander, sommige het hulle geslaan en ander doodgemaak.

6. Hy het ook nog een seun gehad, vir wie hy baie lief was en hom laaste na hulle toe gestuur en gesê: ‘Hulle sal skaam wees voor my seun.’

7. Daardie werkers het egter by hulleself gesê: ‘Dit is die erfgenaam; laat ons hom doodmaak en die erfenis sal ons s’n wees.’

8. Hulle het hom gevat en doodgemaak en buitekant die wingerd uitgegooi.

9. Wat sal die meester van die wingerd dan doen? Hy sal kom en die werkers vernietig en die wingerd aan ander gee.

10. Het julle selfs ook nie hierdie Skrif gelees nie: ‘Die Steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n Hoeksteen geword?Ps 118:22-23

11. Hy het van die Teenwoordigheid van יהוה af gekom en dit is wonderlik in ons oë’.”

12. Hulle het gesoek om Hom te vang, want hulle het verstaan dat Hy die vergelykende storie aangaande hulle vertel het, maar was bang vir die mense en hulle het Hom gelos en weggegaan.

13. Sommige van die leraars van die wet en van die Herodiane het na Hom toe gestuur om Hom te vang op wat Hy sê.

14. Hulle kom en sê vir Hom: “Leermeester, ons weet dat U Waarheid is en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense raak nie, maar U leer die lewenswyse van God in waarheid. Is dit reg volgens die wet om aan die keiser belasting te betaal of nie? Moet ons betaal of nie?”

15. Hy het egter hulle valsheid geken en vir hulle gesê: “Waarom toets julle My? Bring vir My ’n denarion dat Ek dit kan sien.”

16. Hulle het dit gebring en Hy sê vir hulle: “Wie se beeld en inskripsie is die?” Hulle antwoord Hom: “Die keiser s’n.”

17. Toe antwoord Yeshua en sê vir hulle: “Gee aan die keiser wat die keiser s’n is en aan God wat God s’n is” en hulle was verwonderd oor Hom.

18. Die Saduseërs kom ook na Hom toe, dié wat sê dat daar geen opstanding uit die dood is nie en hulle vra Hom en sê:Deut 25:5-6

Markos 12