16. As ’n vrou naby enige dier kom om daarmee gemeenskap te hê, moet jy die vrou en die dier doodmaak. Hulle moet tereggestel word tot die dood. Hulle bloed sal op hulleself wees.
17. As ’n man sy suster vat, sy vader se dogter of sy moeder se dogter en hy haar naaktheid sien en sy, sy naaktheid sien, is dit ’n skande. Hulle moet afgesny wees in die oë van die seuns van hulle volk. Hy het die naaktheid van sy suster ontbloot; hy sal sy skuld dra.2 Sh'm 13:1-20; 2 Sh'm 26-29,32
18. As ’n man met ’n vrou gemeenskap het wanneer sy menstrueer en haar naaktheid ontbloot, het hy haar bron ontbloot en sy het die bron van haar bloed oopgemaak, hulle moet altwee afgesny word uit hulle volk uit.
19. Jy mag ook nie die naaktheid van jou moeder se suster en van jou vader se suster ontbloot nie, want hy het sy bloedfamilie ontbloot; hulle sal hul skuld dra.
20. As ’n man by sy oom se vrou lê, het hy die naaktheid van sy oom ontbloot. Hulle sal hul sonde dra. Hulle sal sonder kinders sterf.
21. As ’n man sy broer se vrou vat, is dit ’n onrein ding. Hy het die naaktheid van sy broer ontbloot. Hulle sal sonder kinders wees.Mar 6:17,18
22. Bewaar al My reëls en al My wette en doen dit sodat die land waarheen Ek julle bring om daarin te bly, julle nie uitspoeg nie.
23. Julle mag nie leef volgens die gewoontes van die nasies wat Ek voor julle uit verdryf nie, want hulle het al hierdie dinge gedoen en daarom verafsku Ek hulle.
24. Ek het vir julle gesê: ‘Júlle sal hulle land bewoon en Ék sal dit aan julle as besitting gee, ’n land wat vloei van melk en heuning. Ek is יהוה, julle God, wat julle van die volke afgesonder het;
25. daarom moet julle ’n onderskeid tref tussen die rein en onrein diere en tussen die onrein en rein voëls; moenie julle lewens verwerplik maak deur diere of deur voëls of deur enige iets wat op die aarde beweeg, wat Ek van julle afgesonder het deur dit onrein te verklaar, nie.
26. Julle moet afgesonder wees tot My, want Ek, יהוה, is afgesonderd1 Kef 1:15-16 en Ek het julle van die volke af afgesonder om Myne te wees.