Genesis 38:24-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Dit het so gebeur dat ná omtrent drie maande, hulle Y’hudah laat weet en gesê het: “Tamar, jou skoondogter, het gehoereer en sy is ook swanger deur haar hoerery!” Y’hudah sê: “Bring haar uit en laat sy verbrand word.”

25. Toe sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: “By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger.” Sy het ook gesê: “Ondersoek asseblief aan wie hierdie seëlring, bandjie en staf behoort.”

26. Y’hudah het dit herken en gesê: “Sy is meer regverdig as ek, want ek het haar nie aan my seun Shelah gegee nie.” Hy het verder nie weer met haar ’n intieme verhouding gehad nie.

27. Dit het gebeur dat, toe sy geboorte gee, daar ’n tweeling in haar baarmoeder was.

Genesis 38