1. Sarah het honderd sewe en twintig jaar geleef. Dit was die lewensjare van Sarah.
2. Sarah is dood in Kiryat-Arba (dorp van die reuse), dit is Hevron, in die land Kena’an en Avraham het gekom om oor Sarah te rou en oor haar te huil.
3. Avraham het opgestaan van voor die lyksdraagbaar van sy dooie en met die seuns van Het gepraat en gesê:
4. “Ek is ’n vreemdeling en ’n gas onder julle. Gee vir my ’n stuk land by julle as graf sodat ek die dooie van voor my sig af weg kan begrawe.”
5. Toe antwoord die seuns van Het vir Avraham en sê vir hom:
6. “Luister na ons, my meester! U is ’n heerser van God onder ons. Begrawe u dooie in die beste graf wat ons het. Niemand van ons sal u sy graf weier om u dooie te begrawe nie.”
7. Avraham het opgestaan en hom voor die mense van die land neergebuig, voor die seuns van Het