Genesis 18:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het Homself aan hom openbaar by die Eikebome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.

2. Hy het sy oë opgeslaan en gekyk en let op, daar staan drie manne op ’n afstand voor hom. Toe hy hulle sien, hardloop hy vanaf die ingang van die tent om hulle te ontmoet en buig hom na die grond toe neer.

3. Hy sê: “יהוה, as ek nou guns in U oë gevind het, gaan dan tog nie by U dienskneg verby nie.

4. Laat hulle asseblief ’n bietjie water bring, U voete was en lê en rus onder die boom.

5. Laat ek ’n stukkie brood gaan haal en U binneste versterk; daarna kan U verder gaan, want daarom het U by U dienskneg aangekom.” Hulle antwoord: “Doen soos jy gesê het.”

6. Toe loop Avraham haastig die tent in na Sarah toe en sê: “Maak gou, knie drie seah (12,75 liter) van die beste meel en maak roosterkoeke.”

7. Avraham hardloop na die beeste en vang ’n vet, goeie kalf en gee dit aan die jongman, wat dit gou voorberei het.

8. Hy neem ook botter, soetmelk en die kalf wat hy voorberei het en sit dit aan hulle voor terwyl hy self by hulle onder die boom bly staan en hulle het geëet.

9. Toe sê hulle vir hom: “Waar is Sarah, jou vrou?” Hy antwoord: “Let op, in die tent.”

10. יהוה sê: “Ek sal sekerlik ná die tyd van lewe terugkom na jou toe, dan sal jou vrou Sarah ’n seun hê.” Sarah het dit gehoor by die ingang van die tent wat agter haar was.

Genesis 18