6. Sit dit dan voor die verdelingsgordyn wat voor die Ark van die Getuienis is, voor die Toedekking wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal ontmoet.
7. Aharon moet elke oggend reukwerk van speserye daarop brand; wanneer hy die lampe doof, moet hy dit aan die brand steek
8. en wanneer Aharon teen sonsondergang die lampe opsteek, moet hy dit brand as ’n voortdurende reukwerk voor die Teenwoordigheid van יהוה; reg deur julle geslagte.
9. Julle mag geen vreemde reukwerk of brandoffer of graanoffer daarop bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgooi nie.
10. Aharon moet, een maal per jaar, versoening op die horings doen; met die bloed van die sondoffer van versoening moet hy een maal per jaar daarvoor versoening doen reg deur julle geslagte. Dit is heeltemal afgesonder tot יהוה.”
11. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
12. “As jy die volle getal van die seuns van Yisra’el opneem om hulle te tel, moet elke man loskoopgeld vir sy lewe aan יהוה gee wanneer hulle getel word sodat daar geen plaag onder hulle sal wees wanneer hulle getel word nie.
13. Dit is wat elke man van hulle moet gee wat na die geteldes oorgaan: ’n halfsikkel volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; die sikkel is twintig gera. Die halfsikkel is ’n bydrae aan יהוה.
14. Elkeen van twintig jaar en ouer, wat oorgaan na die geteldes, moet die bydrae aan יהוה gee.
15. Die ryke moenie meer en die arme moenie minder as ’n halfsikkel gee, wanneer hulle die bydrae, om vir julle siele versoening te doen, aan יהוה gee, nie.
16. Vat die versoeningsgeld van die seuns van Yisra’el en gee dit vir die dienswerk van die Tent van Ontmoeting sodat dit ’n herinnering voor die Teenwoordigheid van יהוה kan wees vir die seuns van Yisra’el, tot versoening vir julle lewens.”
17. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
18. “Jy moet ook ’n kom van koper, met sy voetstuk van koper, maak om mee te was. Jy moet dit tussen die Tent van Ontmoeting en die altaar sit en water daarin gooi
19. sodat Aharon en sy seuns hulle hande en hulle voete daaruit kan was.
20. Wanneer hulle ingaan in die Tent van Ontmoeting, of as hulle naby die altaar kom, om te bedien, om ’n offer te brand en in rook te laat opgaan tot יהוה, moet hulle met water was sodat hulle nie sterf nie.
21. So moet hulle hul hande en voete was sodat hulle nie sterf nie en dit sal vir hulle ’n ewige instelling wees, vir hom en vir sy nageslag in hulle geslagte.”Yog 13:10