Deuteronomium 28:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nou sal dit wees, as jy יהוה, jou God, ywerig gehoorsaam, deur versigtig te wees om al Sy opdragte, wat ek jou vandag beveel, te doen, יהוה, jou God, jou sal oplig bo al die nasies van die aarde.

2. Al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou oorweldig as jy יהוה, jou God, gehoorsaam:

3. Geseënd sal jy wees in die stad en geseënd sal jy wees in die platteland.

4. Geseënd sal die nakomeling van jou liggaam, die vrugte van jou grond en die nakomeling van jou vee, die vermeerdering van jou beeste en die lammers van jou kleinvee wees.

5. Geseënd sal jou mandjie en jou knieskottel wees.

6. Geseënd sal jy wees as jy inkom en geseënd sal jy wees as jy uitgaan.

7. יהוה sal gee dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou wegvlug.Ps 1:3

8. יהוה sal die seën oor jou in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan beveel en Hy sal jou seën in die land wat יהוה, jou God, jou gee.

9. יהוה sal jou oprig as ’n afgesonderde volk vir Homself soos Hy vir jou gesweer het, as jy die opdragte van יהוה, jou God, hou en in sy paaie loop.Y’ho 2:9-11; Yes 1:17

10. So sal al die volke van die aarde sien dat jy genoem word volgens die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה en hulle sal vir jou bang wees.

Deuteronomium 28