Deuteronomium 23:11-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. maar dit sal wees, as die aand naderkom, moet hy homself in water bad en teen sonsonder mag hy teruggaan in die kamp.

12. Jy moet ook buitekant die kamp ’n plek hê en daarheen uitgaan

13. en jy moet by jou gereedskap ’n graaf hê; as jy buitekant gaan sit, moet jy daarmee grawe, omdraai en jou uitskeiding toegooi.

14. Aangesien יהוה, jou God, midde-in jou kamp loop om jou te bevry en jou vyande voor jou te verslaan; daarom moet jou kamp afgesonder wees en Hy moet niks afstootliks by jou sien nie of Hy sal van jou af wegdraai.

15. Jy mag nie ’n slaaf wat van sy meester af na jou toe ontsnap het, aan sy meester oorhandig nie.

16. Hy sal by jou bly, in jou midde, in die plek wat hy in een van jou dorpe sal kies, waar dit vir hom goed is; jy mag hom nie sleg behandel nie.

17. Geen dogter van Yisra’el mag ’n kultusprostituut wees nie en geen seun van Yisra’el mag ’n kultusprostituut wees nie.

18. Jy mag nie die huur van ’n hoer of die beloning van ’n hond (manlike prostituut) in die huis van יהוה, jou God, as enige offer van belofte bring nie, want dié altwee is verwerplik vir יהוה, jou God.

19. Jy mag jou landgenoot geen rente oplê nie, rente op geld, kos of enigiets wat ’n mens teen rente uitleen nie.

20. Jy mag rente vra van die buitelander, maar jou landgenoot mag jy geen rente oplê nie sodat יהוה, jou God, jou kan seën in alles wat jy onderneem in die land waarin jy gaan, om dit te besit.

21. Wanneer jy aan יהוה, jou God, ’n gelofte doen, moet jy nie uitstel om dit te betaal nie, want dit sal sonde in jou wees en יהוה, jou God, sal dit sekerlik van jou vereis;

22. daarenteen, as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.

Deuteronomium 23