Dani'el 2:11-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. want dit wat die koning vra, is baie moeilik en daar is niemand anders wat dit voor die koning kon wys behalwe die gode, wie se woning nie by die mens is wat in vlees gebore is nie.”

12. Toe was die koning uitermate woedend en hy het woedend beveel dat al die wyse manne van Bavel vernietig moet word.

13. Die bevel het uitgegaan dat die wyse manne doodgemaak moet word en die wagte het vir Dani’el en sy metgeselle gesoek om hulle dood te maak.

14. Toe het Dani’el daaroor nagedink en raad verkry en toe vir Aryokh, die bevelvoerder van die koninklike lyfwag wat uitgegaan het om die wyse manne van Bavel dood te maak, gesê:

15. “Hoekom is die bevel van die koning so ernstig?” Toe het Aryokh aan Dani’el die saak bekend gemaak.

16. Toe het Dani’el van die koning gevra om vir hom tyd te gee en belowe om vir hom die betekenis te gee.

17. Dani’el het toe na sy huis toe gegaan dit bekend gemaak aan Hananyah, Misha’el en `Azaryah, sy metgeselle

18. dat hulle onverdiende guns kon vra vanaf die God van die hemel aangaande hierdie geheim sodat Dani’el en sy metgeselle nie doodgemaak sou word saam met die res van die wyse manne van Bavel nie.

19. Toe is die geheim aan Dani’el openbaar in ’n visioen in die nag en Dani’el het die God van die hemel geseën.

20. Dani’el het geantwoord en gesê: “Geseënd is die Karakter en Outoriteit (Naam) van God vir ewig en ewig, want wysheid en krag behoort aan Hom

21. en Hy verander seisoene en tye; Hy verwyder konings en stel konings aan; Hy gee wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het;Yog 8:12

22. Hy openbaar diep en geheime dinge; Hy weet wat is in die duisternis en die lig is by Hom.

23. Aan U, o God van my vaders, gee ek dank en ek prys U, wat aan my wysheid en krag gegee het en nou aan my bekend gemaak het wat ons van U gevra het, want U het die koning se saak aan ons bekend gemaak.”

24. In daardie selfde uur het Dani’el na Aryokh gegaan, vir wie die koning beveel het om die wyse manne van Bavel dood te maak; hy het gegaan en só vir hom gesê: “Moenie die wyse manne van Bavel vernietig nie, maar bring my in voor die koning en ek sal die betekenis aan die koning bekendmaak.”

25. Toe het Aryokh haastig vir Dani’el voor die koning ingebring en só vir hom gesê: “Ek het ’n man onder die ballinge van Y’hudah gevind wat vir die koning die betekenis sal gee.”

Dani'el 2