1. Libanon, maak jou grense oop sodat vreemde mense kan inkom en jou grond kom verniel. Hulle sal soos ’n vuur wees wat die seders verbrand tot net die as oorbly.
2. Huil, sipresbome, want baie van die sederbome het in die slag gebly. Die mooiste en beste bome is vernietig. Huil, akkerbome van Basan, want net stompe het in die digte bos oorgebly.