4. en saam met elke lam een kilogram.
5. Dan moet julle ook ’n bokram offer as ’n sondeoffer om vergifnis te vra vir die volk se sonde.
6. Die gereelde maandelikse en daaglikse brandoffers, met hulle graan- en drankoffers, moet egter nog steeds gebring word. Dit is die soort offers waarvan die Here hou en wat Hy aanvaar.”
7. “Op die tiende dag van die sewende maand moet julle weer vir ’n besondere lofprysingsgeleentheid bymekaarkom. Op dié dag moet julle oor julle sonde nadink en dit voor My bely. Niemand mag op dié dag werk nie.
8. Julle moet vir die Here ’n brandoffer bring van ’n jong bul, ’n ram en sewe jaaroud rammetjies wat niks makeer nie.
9. Saam met die bul moet julle ’n graanoffer bring van drie kilogram meel wat met olyfolie gemeng is, saam met die ram twee kilogram
10. en saam met elke lam een kilogram.
11. Dan moet julle ook ’n bokram offer as ’n sondeoffer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Dit is bo en behalwe die gewone sondeoffer wat julle bring om vergifnis te vra vir julle sonde, asook die brandoffers met die graan- en drankoffers.”
12. “Op die vyftiende dag van die sewende maand moet julle vir ’n spesiale lofprysingsgeleentheid bymekaarkom. Op daardie dag mag niemand werk nie. Dit is die begin van die huttefees, ’n fees tot eer van die Here om dankie te sê vir sy goedheid en sorg. Dit hou sewe dae lank aan.
13. Julle moet vir die Here ’n brandoffer bring van dertien jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud rammetjies wat heeltemal gesond is.