Nehemia 9:8-14 Die Boodskap (DB)

8. Toe U sien dat hy U alleen gedien het,het U met hom ’n ooreenkoms aangegaandat U die land van die Kanaäniete, die Hetiete, die Amoriete,die Feresiete, die Jebusiete en die Girgasieteaan hom en sy kinders sou gee.U het u woord gehou omdat U onder alle omstandighede betroubaar is.

9. U het gesien hoe ons voorouers in Egipte gely het.U het gehoor toe hulle ernstig om hulp geroep het by die Rietsee.

10. U het asemrowende wonders gedoen wat die farao, sy werkers en sy volk stomgeslaan het,want U het geweet dat hulle u volk sonder enige respek behandel. Daardeur het U vir U ’n groot en roemryke reputasie opgebou wat tot vandag toe onthou word.

11. U het vir hulle ’n pad deur die see gemaaksodat hulle droogvoets daardeur kon loop.Maar hulle vyande wat hulle agtervolg het,het U in dieselfde see laat verdrink.U het hulle soos ’n klip na die bodem toe laat sink.

12. Bedags het U met ’n wolkkolom voor hulle uitgetrek om vir hulle die pad te wys en snags met ’n kolom van vuur, sodat hulle nie verdwaal het nie.

13. U het afgekom uit die hemel na die berg Sinai toe en uit u woonplek met hulle gepraat. Die opdragte wat U vir hulle gegee het, was nie moeilik om te gehoorsaam nie. U wette is vir altyd waar en geldig.Dit wat U voorskryf, is goed en reg.

14. U het hulle geleer wat U van hulle verwag op die sabbat. U het u wil baie duidelik in die gebooie en in al u ander wette bekendgemaak deur u dienaar Moses.

Nehemia 9