14. Hulle wat vir julle moes sê wat God hulle laat sien het, het vir julle gelieg en julle bedrieg. Hulle moes vir julle gesê het wat julle verkeerd doen om te keer dat julle uit julle land uit weggevat word. Wat hulle vir julle vertel het wat hulle gesien het, was ’n klomp leuens.
15. Almal wat by die stad verbyloop, slaan die hande saam. Hulle skud die kop en fluit van verbasing oor Jerusalem. Hulle wonder: “Is dit die stad wat hulle gesê het so mooi is, wat vreugde vir die wêreld bring?”
16. Jou vyande het baie oor jou te sê. Hulle fluit deur hulle tande en dryf die spot met jou. Hulle sê: “Uiteindelik het die dag gekom waarvoor ons gewag het om die stad te vernietig!”
17. Die Here het met jou laat gebeur wat Hy oor jou besluit het. Hy het jou genadeloos verwoes, soos Hy lank terug al beloof het. Hy het jou vyande sterk gemaak en hulle laat lekkerkry toe hulle jou verslaan het.
18. Laat die mure van Sion by die Here gaan pleit. Laat daar dag en nag trane vloei soos ’n rivier. Moenie vir ’n oomblik ophou nie.