Jesaja 59:6-8 Die Boodskap (DB)

6. Met die spinnerak van hulle woorde kan jy nooit vir jou klere maak nie. Wat hulle doen, is goed vir niks. Trouens, al wat van hulle geknoei kom, is misdaad. Hulle hande bring net geweld.

7. Hulle hardloop agter die kwaad aan. Hulle huiwer nie ’n oomblik om iemand dood te maak nie. Hulle dink skelm dinge uit. Hulle laat ’n spoor van verwoesting agter hulle waar hulle gaan.

8. Hulle ken nie so iets soos vrede nie. Op hulle pad bestaan daar nie so iets soos regverdigheid nie. Hulle paaie is vol kronkels en draaie. Dié wat saam met hulle loop, kom nooit tot rus nie.

Jesaja 59