31. Die soldate het Paulus daardie selfde nag nog na Antipatris toe geneem.
32. Die volgende dag het hulle na hulle kaserne in Jerusalem teruggekeer, terwyl die ruiters hom verder vergesel het.
33. Toe die ruiters in Sesarea aankom, het hulle hulle bevelvoerder se brief aan die goewerneur oorhandig. Hulle het Paulus ook aan sy sorg toevertrou.
34. Nadat Feliks die brief deurgelees het, het hy Paulus gevra uit watter Romeinse provinsie hy kom. “Silisië,” het Paulus geantwoord.
35. Daarop het Feliks vir Paulus gesê: “Ek sal jou saak verhoor sodra jou aanklaers hier opdaag.” Hy het sy soldate beveel om Paulus intussen in Herodes se paleis op te sluit.