43. Laban het Jakob toe geantwoord: “Wat praat jy tog? Alles wat jy sien, is myne. Die dogters, die kinders, die vee. Niks maak egter nou meer saak nie. Wat kan ek tog doen of sê wat die dogters of hulle kinders van plan sal laat verander?
44. Jakob,” het Laban gesê, “kom ons maak ’n ooreenkoms. Net tussen my en jou. As ’n herinnering aan ons twee se jare saam.”
45. Jakob het toe ’n klip gevat en dit regop gesit.
46. Hy het sy mense nader geroep en gesê hulle moet ’n klipstapel maak. Toe dit klaar was, het hulle by die klipstapel geëet.
47. Laban het die klipstapel Jegar-Sahaduta en Jakob het dit Galed genoem.
48. “Van vandag af,” het Laban gesê, “is hierdie hoop klippe ’n teken van ons ooreenkoms.” Hy het dit toe ook Galed genoem.
49. Laban het die klipstapel ook nog Mispa genoem. “Dit is ’n teken dat die Here by ons is al sien ons mekaar nie weer nie,” het hy gesê.
50. By die klipstapel het Laban ook vir Jakob gesê: “As jy ooit my dogters sleg behandel of sommer ander vroue byneem, moet jy nie dink God sien dit nie. Hy weet van alles.”
51. Laban het nog ’n laaste woord gehad. “Hierdie klipstapel moet ons twee bind.
52. Ek mag nooit by hierdie klipstapel verbystap om jou te gaan seermaak nie. En jy mag dit ook nie doen nie.
53. Jakob, mag die God van ons vaders by ons wees. Mag die God van jou oupa Abraham en my oupa Nahor ons help om getrou te wees.” Jakob het sy woord gegee en die Beskermer van sy pa, Isak, as getuie aangeroep.
54. Daarna het Jakob vir die Here op die berg gaan offer. Hy het al sy familie genooi om saam te kom eet. Na die ete het hulle almal sommer op die berg geslaap.