Genesis 11:8-19 Die Boodskap (DB)

8. So het die Here hulle oor die hele wêreld verstrooi. Die mense het ook opgehou om verder aan die stad met die hoë toring te bou.

9. Dis hoekom hulle daardie plek Babel genoem het, want dit is waar die Here die mense verskillende tale laat praat het en hulle oor die hele aarde versprei het.

10. Hier is die nageslag van Sem. Toe Sem 100 was, is sy seun Arpaksad gebore, twee jaar ná die oorstroming.

11. Na Arpaksad se geboorte het Sem nog 500 jaar geleef en ook ander seuns en dogters gehad.

12. Toe Arpaksad 35 was, is Selag gebore.

13. Na Selag se geboorte het Arpaksad nog 403 jaar geleef en nog ander seuns en dogters gehad.

14. Toe Selag 30 was, is Heber gebore.

15. Na Heber se geboorte het Selag nog 403 jaar geleef en ook ander seuns en dogters gehad.

16. Toe Heber 34 was, is Peleg gebore.

17. Na Peleg se geboorte het Heber nog 430 jaar geleef en ook ander seuns en dogters gehad.

18. Toe Peleg 30 was, is Reü gebore.

19. Na Reü se geboorte het Peleg nog 209 jaar geleef en nog ander seuns en dogters gehad.

Genesis 11