Esegiël 40:45-46-49 Die Boodskap (DB)

5. Ek sien toe ’n muur wat reg rondom die huis van die Here gebou is. Die man het sy liniaal gevat. Die liniaal was drie meter lank. Hy meet toe die muur om die huis van die Here met sy liniaal. Die muur was presies drie meter lank en ook drie meter dik.

6. Toe het die man na die hek aan die oostekant van die huis van die Here gegaan. Hy het met die trap opgeklim en toe meet hy die drumpel. Dit was ook drie meter breed.

7. Binne-in die poort was daar plek waar die wagte kon sit, aan weerskante van die ingang. Elke vertrek waar die wagte gesit het, was drie meter by drie meter groot. Die muur tussen die twee vertrekke was twee en ’n half meter dik. Aan die binnekant was daar ’n opening waardeur ’n mens in die huis van die Here kon ingaan. Die begin van die portaal was ook drie meter wyd.

8. Die man het dit gemeet en gesien dat dit drie meter breed was.

9. Daarna het hierdie man ook die opening gemeet waardeur ’n mens ingaan na die huis van die Here se terrein. Dit was vier meter by vier meter, en die muur was ’n meter dik.

45-46. Die man het toe vir my verduidelik: Die vertrek wat suid kyk, is daar sodat die mense wat in die huis van die Here werk, daarin kan bly. Dis net bedoel vir mense wat in die huis van die Here werk. Slegs hulle wat kleinkinders van Levi is, mag in die huis van die Here werk.

47. Die man het toe die voorste deel van die huis van die Here gemeet. Dié vertrek was 50 meter by 50 meter. Die altaar waarop die offers gebring is, was voor die huis van die Here.

48. Daarna het die man die mure aan weerskante van die voorste deel van die huis van die Here gemeet. Hulle was twee en ’n half meter lank.

49. Die ingang tot die voorste deel was tien meter lank en ses meter breed. ’n Mens kon die ingang bereik deur tien trappe te klim. Aan weerskante van die ingang was daar ’n pilaar teen elke muur.

Esegiël 40