5. “Daarna sal jy by Gibea-Elohim kom, waar die Filistyne se wagte is. As jy naby die dorp kom, sal jy ’n groep profete kry wat bo van die offerplek af kom met harpe, tamboeryne, fluite en liere. Hulle sal in profetiese ekstase wees.
6. Die Gees van die Here sal in jou werk sodat jy ’n ander mens sal word en saam met hulle in profetiese ekstase sal wees.
7. “Wanneer hierdie tekens gebeur wat ek vir jou gee, doen wat jy moet doen, want God help jou.
8. Gaan dan af Gilgal toe. Ek sal later by jou aansluit om brandoffers en offers vir die gesamentlike ete te bring. Jy moet sewe dae wag totdat ek daar aankom en vir jou sê wat jy verder moet doen.”