Spreuke 14:3-21 Bybel vir Almal (ABA)

3. Wanneer ’n dwaas praat,dan wys hy hoe hoogmoedig hy is,en hy kry straf.Wanneer wyse mense praat, dan is hulle veilig.

4. As iemand nie beeste het nie,dan sal die koring in die krip nie opraak nie,maar as hy een sterk bees het,dan kan hy baie koring op die koringland hê.

5. ’n Getuie wat altyd die waarheid praat, lieg nie,maar ’n vals getuie hou aan om te lieg.

6. Iemand wat altyd spot, sal nie wysheid kry nie,ook nie wanneer hy dit soek nie.’n Verstandige mens leer maklik nuwe dinge.

7. Jy moet weggaan van ’n dwase mens,jy sal niks by hom leer nie.

8. ’n Slim mens wat wysheid het, weet hoe om te lewe,dwase bedrieg hulleself omdat hulle dwaas is.

9. ’n Mens wat baie dwaas is, spotwanneer hy ’n skuld-offer moet bring,maar eerlike mense wil hê dat Godhulle offers moet aanvaar.

10. ’n Mens self weet hoe ongelukkig hy is, net hy weet dit,en niemand anders kan regtig weet hoe bly hy is nie.

11. Die huisgesinne van mense wat verkeerd doen, sterf gou,maar dit gaan goed met die huisgesinne van eerlike mense.

12. Iemand kan dink dat hy reg lewe,maar die manier hoe hy lewe, bring hom by die dood.

13. ’n Mens kan lag, ook wanneer hy hartseer is,maar hy kan ook eers bly wees en dan later huil en treur.

14. Iemand wat verkeerd lewe,sal die straf kry wat hy moet kry,maar ’n goeie mens sal meer kry as wat hy moet kry.

15. Mense wat baie min weet, glo enige iets,’n slim mens dink goed voordat hy iets doen.

16. ’n Wyse mens is bang vir die dinge wat kan gebeur,en hy doen niks wat dit sleg sal laat gaan met hom nie.’n Dwaas dink nie wat hy doen nie,hy dink hy sal altyd veilig wees.

17. Iemand wat gou kwaad word, doen dom dinge.Mense haat iemand wat skelm planne maak.

18. Mense wat baie min weet en wat nie wil leer nie,word dwase.Slim mense weet baie, en ander mense sien dit.

19. Slegte mense moet buig voor goeie mense,mense wat verkeerd doen, moet buig by die poortevan die mense wat reg lewe.

20. Niemand hou van ’n arm mens nie,ook nie die persoon naby hom nie,maar ’n ryk mens het baie vriende.

21. ’n Sondaar dink die mense wat naby hom is,is nie belangrik nie,maar die persoon wat goed is vir mensewat hulleself nie kan beskerm nie,is ’n gelukkige mens.

Spreuke 14