Sagaria 14:4-18 Bybel vir Almal (ABA)

4. Die Here sal daardie dag staan op die Olyf-berg wat oos van Jerusalem is, en die Olyf-berg sal oopskeur. Een helfte van die berg sal beweeg na die noorde toe en die ander helfte sal beweeg na die suide toe. Dan sal daar ’n groot kloof wees, van oos na wes.

5. Die kloof sal wees tot by die stad Asal. Die mense van Jerusalem sal deur die kloof vlug soos hulle gevlug het toe daar ’n aardbewing was in die tyd toe Ussia die koning van Juda was. Dan sal my God die Here kom, en die engele sal saam met Hom kom.

6. Daardie dag sal die son nie in die oggend begin skyn nie, en dit sal nie koud wees nie.

7. Dit sal dag bly, daar sal nie dag en nag wees nie, dit sal altyd lig wees, ook wanneer dit aand is. Die Here weet dat dit sal gebeur.

8. Daardie dag sal daar uit Jerusalem vars water kom. Een helfte van die water sal na die Dooie See vloei en die ander helfte na die Middellandse See. Die water sal vloei in die somer en in die winter.

9. Die Here sal koning wees oor die hele aarde. Hy alleen sal die Here wees, en almal sal net vir Hom aanbid.

10. Die hele land sal ’n gelyk veld word, van die stad Geba tot by die stad Rimmon, suid van Jerusalem. Maar Jerusalem sal hoog op dieselfde plek bly, van die Benjamin-poort tot by die plek waar die eerste poort was, van die Hoek-poort en die Gananel-toring tot by die koning se parskuipe.

11. Die mense van Jerusalem sal veilig daar woon, en die vyande sal nie weer die stad verwoes nie.

12. Die Here sal die volke swaar straf wat oorlog gemaak het teen Jerusalem. Die vleis van hulle liggame sal vrot word terwyl hulle nog lewe, hulle oë sal vrot word in hulle kop, en hulle tonge sal vrot word in hulle monde.

16. Die mense van die volke wat oorlog gemaak het teen Jerusalem, sal nie almal dood wees nie. Al die mense wat nog lewe, sal elke jaar na Jerusalem kom en hulle sal buig voor die Koning, die Here wat oor alles regeer. Hulle sal ook die Hutte-fees vier.

17. As die mense uit al die lande op die aarde nie na Jerusalem kom om te buig voor die Koning nie, dan sal hulle lande nie reën kry nie. Hy is die Here wat oor alles regeer.

18. As die mense van Egipte nie kom nie, dan sal die Here hulle straf soos Hy al die ander volke straf wat nie gekom het om die Hutte-fees te vier nie.

Sagaria 14