3. Abimelek se ooms het dit alles vir die manne van Sigem gesê, en hulle het vir Abimelek gekies, want hulle het gesê: “Hy is een van ons.”
4. Die belangrike manne van Sigem het vir Abimelek 70 stukke silwer gegee uit die tempel van Baäl-Berit, en Abimelek het dit gebruik om mense te huur om hom te help. Dit was mense wat nie ander werk gehad het nie.
5. Abimelek het na sy pa se huis in Ofra gegaan en daar het hy sy broers, die 70 seuns van Gideon, vermoor, almal op een klip. Net Gideon se jongste seun Jotam het oorgebly, want hy het weggekruip.
6. Die manne van Sigem en almal van Bet-Millo het toe bymekaargekom en hulle het gegaan om vir Abimelek koning te maak onder die groot boom by die klip-paal van Sigem.