1. Van Dawid.Die Here laat my lewe, Hy help my,daarom is ek vir niemand bang nie.Die Here beskerm my lewe,daarom skrik ek vir niemand nie.
2. Wanneer slegte mense kom om my aan te val,wanneer my vyande my wil doodmaak,dan is dit my vyande wat gly en val.
3. Wanneer soldate my van al die kante aanval,dan sal ek nie bang word nie.Wanneer vyande oorlog begin maak teen my,dan sal ek nog glo dat die Here my sal help.
4. Een ding het ek vir die Here gevraen dit wil ek altyd hê:Ek wil my hele lewe lank in sy tempel weesom te sien dat Hy goed is vir myen om vir Hom te mag vra wat Hy wil hê ek moet doen.
5. Want Hy sal my beskerm wanneer daar gevaar kom,Hy sal my veilig in sy tempel laat blysoos wanneer ’n mens hoog op ’n rots staan.
6. Daarom, ek sal wen teen my vyande rondom my,en ek sal juig en offers bring in sy tempel,ek sal sing en musiek maak vir die Here.
7. Here, U moet luister wanneer ek tot U bid,U moet genadig wees en U moet my antwoord.
8. Ek onthou dat U gesê het ons moet U kom dien,en ek het gekom om U te dien.
9. U moenie keer wanneer ek U wil dien nie,U moenie vir my wegstuur nie.U het my altyd gehelp,moenie my nou los nie,moenie weggaan van my nie,want U is die God wat my red.
10. My pa en my ma sal my miskien los,maar die Here sal my by Hom hou.