Psalms 22:15-28 Bybel vir Almal (ABA)

15. Dit voel of ek soos water uitgegooi is,my bene lê oral rond,my hart is soos byewas wat binne-in my smelt.

16. Dit voel of ek niks meer kan doen nie,ek is soos ’n droë, stukkende kleipot,ek is so dors dat my tong vassit bo-in my mond.Dit voel of ek dood is en of U my op die grond laat lê het.

17. Ja, ’n klomp slegte mense staan soos honde om my,hulle bind my hande en my voete vas.

18. Ek is so maer dat ek al die benein my liggaam kan sien.My vyande staan en kyk na my,

19. hulle trek lootjies om te sien wie my klere moet kry.

20. Maar U, Here, U moenie ver van my wees nie.Net U kan my sterk maak, U moet my gou kom help.

21. U moet my lewe kom red van my vyande se swaarde,U moet my red van hierdie honde.

22. U moet my red uit die bekke van hierdie leeus,uit die horings van hierdie oer-osse.U het gedoen wat ek gevra het.

23. Ek sal vir die ander mense van my volkvertel wat U gedoen het,ek sal U prys daar waar hulle bymekaar is.

24. Julle moet die Here prys, julle almal wat Hom dien,die nageslag van Jakob moet Hom eer,die hele nageslag van Israelmoet bang wees vir Hom en moet Hom dien.

25. Wanneer ’n mens swaarkry,’n mens wat homself nie kan red nie,dan het die Here nie gemaak of dit nie belangrik is nie.Hy het nie sy gesig weggedraai van so ’n mens nie,Hy het gehoor toe ek geroep heten gevra het dat Hy my moet help.

26. Here, U laat my ’n lied sing om U te prysdaar waar die groot gemeente bymekaar is.Ek sal doen wat ek belowe het,die mense wat Hom dien, sal dit sien.

27. Die mense wat hulleself nie kan help nie,sal genoeg kos kry om te eet.Julle wat vra wat die Here wil hê,julle sal Hom prys.Ek bid dat dit altyd goed sal gaan met julle.

28. Al die mense sal onthou dat die Here daar is,hulle sal van oral op die aarde na Hom toe kom,al die volke sal voor Hom kom buig.

Psalms 22