44. dan is die persoon melaats. Daar is ’n seerplek op sy kop, en hy is onrein. Die priester moet sê die persoon is onrein.
45. “Iemand wat melaats is, moet sy klere skeur en hy moet sy hare los laat hang. Hy moet sy snor en sy baard toe hou en hy moet skree: ‘Ek is onrein! Ek is onrein!’
46. Hy is onrein so lank soos hy die seerplek het. Hy moet alleen woon, buite die kamp.”
47. “Daar kom miskien kolle op wolklere of op linne-klere,
48. of op materiaal, of op iets wat gemaak is van vel.
49. As daardie kolle groen of rooi is, dan is dit skimmel. Die priester moet daarna kyk.
50. As die priester daarna gekyk het, dan moet hy die klere of materiaal of ding van vel sewe dae lank toesluit.
51. As hy op die sewende dag sien die kolle het meer geword, dan is dit slegte skimmel, en die klere of materiaal of die ding van vel is onrein.
52. Die priester moet die klere of materiaal of die ding van vel verbrand, want dit is slegte skimmel.
53. Maar as die priester sien die kolle daarop het nie meer geword nie,
54. dan moet die priester sê die persoon moet sy klere of materiaal of ding van vel was, en hy moet dit weer sewe dae lank toesluit.
55. As die priester dan sien dat die kolle nie meer geword het nie maar dat dit nog dieselfde lyk, dan is die klere of materiaal of die ding van vel onrein, en hy moet sê dat die persoon dit moet verbrand. Dit maak nie saak of die kolle buite of binne op die klere of materiaal of die ding van vel was nie.
56. Maar as die persoon dit gewas het, en die priester sien dat die kolle dof geword het, dan moet die priester die stuk waarop die kolle is, uitskeur.
57. As daar dan weer kolle kom op die klere of die materiaal of op die ding van vel, dan moet die persoon dit verbrand.
58. As die persoon dit gewas het en daar is nie meer kolle op nie, dan moet die persoon dit weer was, dan is dit rein.
59. Dit is wat moet gebeur wanneer daar kolle is op klere van wol of linne of op materiaal of op iets van wat van vel gemaak is. Die priester moet dan sê of dit rein of onrein is.”