7. Die Here wou nie meer sy eie altaar hê nie,en ook nie sy tempel nie.Hy het die mure van die stad se mooi huisevir die vyande gegee om af te breek.Hulle het in die tempel gaan staan en skreesoos mense op ’n feesdag gedoen het.
8. Die Here het besluit om die mure van Sionaf te breek.Hy het die mure gemeet en Hy hetnie opgehou om dit af te breek nie.Hy het torings en mure laat omvalen Hy het dit saam op die grond laat lê.
9. Die poorte van die stad het omgeval,want die Here het die sluitbalkevan die poorte stukkend gebreek.Die koning en die amptenare van die stadis by ander volke.Daar is nie meer priesters wat vir die mensekan sê wat die Here wil hê nie.Die Here wys ook nie meer vir die profetewat hulle moet sê nie.
10. Die leiers van Sion sit op die grond,hulle praat nie,hulle het stof op hulle koppe gegooien hulle het rouklere aangetrek.Die jongmeisies van Jerusalembuig hulle koppe laag,tot naby die grond.
11. Ek is moeg, want ek het baie gehuil,alles pyn binne-in my.Dit voel of my lewer op die grond wil val,want die Here het my volk stukkend gebreek.Kinders en babas het flou gevalop die oop stukke grond in die stad.
12. Hulle vra vir hulle ma’s:“Waar kan ons brood en wyn kry?”Maar dan val hulle flou soos dooie menseop die oop stukke grond in die stad,of hulle sterf terwyl hulleteen hulle ma’s se borste lê.
13. Jerusalem, wat kan ek sêom jou te troos?Sion, wie kry so swaar soos jy?Hoe kan ek dit vir jou makliker maak?Jou swaarkry is so groot soos die see,wie kan dit beter laat gaan met jou?
14. Jou profete het gesê die Herehet vir hulle dinge gewys,maar hulle het gelieg,hulle het jou bedrieg.Hulle het nie oor jou sonde gepraatsodat jy kon veranderen lewe soos God wil hêen sodat dit dan met jou beter kon gaan nie.Hulle het gesê die Here het vir hulle dinge gesê,maar dit was leuens, hulle het jou bedrieg.
15. Almal wat op die pad verbykom,spot en klap hulle hande oor jou.Hulle fluit en hulle wysdat hulle bly is oor wat gebeur hetmet Jerusalem.Hulle vra:“Is dít die stad wat vir die mensedie mooiste van al die stede was?Is dít die stad waaroor al die mensein die wêreld bly was?”