Johannes 10:23-36 Bybel vir Almal (ABA)

23. Jesus het in die tempel geloop in die Pilaargang van Salomo.

24. Party Jode het rondom Jesus kom staan. Hulle het vir Hom gesê: “Hoe lank moet ons nog wag en onseker wees? As jy die Christus is, dan moet jy dit vir ons reguit sê.”

25. Jesus het vir hulle gesê: “Ek het dit klaar vir julle gesê, maar julle glo My nie. Ek doen die dinge wat my Vader gesê het Ek moet doen. Daardie dinge wys wie Ek is.

26. Julle glo My nie, want julle is nie my skape nie.

27. My skape luister na my stem. Ek ken my skape, en hulle volg My.

28. Ek gee vir hulle die ewige lewe. Hulle sal nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle wegvat uit my hand nie.

29. Die mense wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van al die mense. Daarom kan niemand hulle wegvat uit die Vader se hand nie.

30. Ek en die Vader doen dieselfde dinge, Ons is Een.”

31. Die Jode het toe weer klippe opgetel om Jesus dood te gooi.

32. Jesus het vir hulle gesê: “Die Vader het gesê Ek moet baie dinge doen, goeie dinge, en Ek het dit gedoen. Julle moet vir My sê oor watter goeie ding wil julle My doodgooi met klippe.”

33. Die Jode het vir Jesus gesê: “Ons wil jou nie met klippe doodgooi omdat jy ’n goeie ding gedoen het nie. Ons wil jou doodgooi omdat jy verkeerde dinge sê teen God. Jy is ’n mens, maar jy maak of jy God is.”

34. Jesus het vir hulle gesê: “In die Ou Testament is geskryf:“God het gesê: Julle is gode.

35. “Dit beteken: Die Ou Testament sê mense met wie God praat, is gode. Ons mag dit nie verander nie.

36. God het My gekies om ’n spesiale werk te doen. Hy het My na die wêreld gestuur. Hoekom sê julle Ek praat verkeerd teen God wanneer Ek sê Ek is die Seun van God?

Johannes 10