Johannes 10:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jesus het vir die Fariseërs gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: ’n Dief of ’n skelm kom nie in by die hek van die skaapkraal nie. Hy kom in by ’n ander plek.

2. Die skaapwagter, die herder, kom in by die hek.

3. Die man by die hek maak die hek vir die wagter oop. Die skape hoor die herder se stem. Hy roep elke skaap se naam en dan bring hy hulle uit die kraal uit.

4. Wanneer hy al sy eie skape uit die kraal gebring het, dan loop hy voor die skape. Die skape gaan saam met die herder, want hulle ken sy stem.

5. Die skape sal nie saam met iemand gaan as hulle hom nie ken nie. Hulle sal weghardloop van hom, want hulle ken nie ander mense se stemme nie.”

6. Jesus wou vir die Fariseërs iets verduidelik toe Hy oor die herder gepraat het. Maar hulle het nie verstaan wat Hy vir hulle wou sê nie.

7. Jesus het ook gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Ek is die hek vir die skape.

8. Die mense wat gekom het voordat Ek gekom het, het net ingebreek en gesteel. Maar die skape het nie na hulle geluister nie.

Johannes 10