2. Die Gees van die Here sal by hom wees.Daarom sal hy wysheid en verstand hê,hy sal weet wat om te doenen hy sal dit kan doen,hy sal naby die Here wees en hy sal Hom dien.
3. Hy sal bly weesomdat hy die Here kan dien.Hy sal ’n regter weeswat dieselfde doen aan almal,hy sal nie luister na skinderstories nie.
4. Wanneer die arm mense in die poort kom,dan sal die koning reg doen aan hulle.Hy sal reg doen aan die mensewat nie belangrik is nie.Hy sal regeer oor almal in die land,en wanneer mense verkeerd doen,dan sal hy sê hulle moet sterf.
5. Hy sal ’n koning weeswat regverdig sal regeeren hy sal eerlik wees.
6. Die lam en die wolf sal saam woon.Die luiperd sal by die bokkie lê.Die leeu en die kalf en die bees sal saam wees,en ’n seuntjie sal vir hulle sorg.
7. Die koei en die beer sal saam gras vreet,hulle kleintjies sal bymekaar lê,en die leeu sal gras vreet soos ’n koei.
8. Klein kindertjies sal by slange se gate speelen hulle sal aan die slange vat.
9. Die Here sê:“Op my gewyde bergsal niemand verkeerd doen nie,niemand sal iets breek nie.”Die see is vol water,en so sal die land ook vol mense weeswat naby My wil wees.
10. Daardie dag sal die koning van die nageslag van Isai ’n teken wees vir die volke dat hulle moet kom. Hulle sal vir die koning vra wat hulle moet doen, en sy woonplek sal baie mooi wees.
11. Daardie dag sal die Here weer sy hand uitsteek om sy mense vry te maak, sy mense wat oorgebly het. Hulle sal kom uit die land Assirië, uit die land Egipte, uit die land Kus, uit die land Elam, uit die land Sinar, uit die land Hamat en uit die lande wat langs die see is.
12. Die Here sal ’n vlag ophou tussen die volke en Hy sal die mense van Israel en Juda bymekaarmaak. Die vyande het hulle weggevat en hulle oral op die aarde laat woon.
13. Die mense van Efraim sal nie meer kwaad wees nie en die vyande van Juda sal sterf. Die mense van Efraim en die mense van Juda sal ook nie meer kwaad wees vir mekaar nie.