23. Die Here wat oor alles regeer, het dit klaar besluit, en Hy sal nie sy plan verander nie. Hy sal al die mense van die land straf.
24. Maar die Here wat oor alles regeer, sê: “My volk wat in Sion woon, julle moenie bang wees vir die Assiriërs nie. Hulle doen slegte dinge aan julle soos die Egiptenaars aan julle voorvaders gedoen het,
25. maar dit sal nie lank aanhou nie. Dan sal Ek nie meer kwaad wees vir julle nie. Ek sal kwaad wees vir die Assiriërs en Ek sal hulle almal doodmaak.
26. Ek, die Here wat oor alles regeer, sal hulle slaan met ’n sweep soos Ek die Midianiete by die Oreb-rots geslaan het. Ek sal my kierie oor die water uitsteek soos toe Ek die Egiptenaars laat sterf het.
27. Wanneer Ek dit gedoen het, dan sal die Assiriërs julle nie meer laat swaarkry nie. Ek sal hulle juk wegvat van julle nek, dan sal julle nie meer hulle slawe wees nie.”
28. Die Assiriërs kom om oorlog te maak. Hulle kom by die stad Aja, hulle gaan by Migron verby, hulle bêre hulle goed in Mikmas.
29. Hulle gaan oor die berge om in Geba te slaap. Die mense van die stad Rama bewe, die mense vlug uit Gibea, die stad van Saul.
30. Die mense van Gallim moet skree, die mense van Lajesa moet luister. Die mense van Anatot kan hulleself nie help nie.
31. Die mense van Madmena vlug, die mense wat in Gebim woon, probeer wegkruip.
32. Môre sal die Assiriërs in die stad Nob wees. Hulle sal met hulle vingers wys na die berg waar Jerusalem is, waar die tempel staan.
33. Ja, die Here, die Here wat oor alles regeer, sal die takke afkap. Hy is sterk, Hy sal die groot, hoë bome afkap, dit is die mense wat dink hulle is belangrik.
34. Die Sterk God sal die plante in die bos afkap met ’n byl. Hy sal die bome van die Libanon-bos laat omval.