Jesaja 10:17-25 Bybel vir Almal (ABA)

17. Die Lig van Israel, die Heilige God van Israel,sal ’n vuur word wat op een dagdie dorings en bossies sal verbrand.

18. Hy sal ook die mooi bosse en bome verbrand.Dit is al die Assiriërs, almal wat asemhaal en lewe.Hulle sal verdwyn soos iets wat niks beteken nie.

19. Assirië is die bos, en daar sal min bome oorbly,’n kind sal die bome kan tel.

20. Daardie dag sal die Israeliete wat oorgebly het, die nageslag van Jakob wat nog lewe, ophou dink dat Assirië hulle kan help. Dit was Assirië wat slegte dinge gedoen het aan hulle. Hulle sal weet die Here kan hulle help, die Heilige God van Israel.

21. Die mense wat oorgebly het, sal terugkom, die mense van die nageslag van Jakob wat oorgebly het. Hulle sal terugkom na die God wat oorlog kan maak.

22. Israeliete, julle was so baie soos die sand by die see, maar min van julle sal oorbly en terugkom. Die Here het besluit baie van julle moet sterf, julle straf kom soos ’n watervloed wat oor alles stroom.

23. Die Here wat oor alles regeer, het dit klaar besluit, en Hy sal nie sy plan verander nie. Hy sal al die mense van die land straf.

24. Maar die Here wat oor alles regeer, sê: “My volk wat in Sion woon, julle moenie bang wees vir die Assiriërs nie. Hulle doen slegte dinge aan julle soos die Egiptenaars aan julle voorvaders gedoen het,

25. maar dit sal nie lank aanhou nie. Dan sal Ek nie meer kwaad wees vir julle nie. Ek sal kwaad wees vir die Assiriërs en Ek sal hulle almal doodmaak.

Jesaja 10