8. Ek waarsku julle, mense van Jerusalem,as julle dit aanhou doen,dan sal Ek weggaan van julleen julle land leegmaak,daar sal nie meer mense woon nie.”
9. Die Here wat oor alles regeer, sê:“Dit is nog net die mense van Juda wat lewe,maar die Assiriërs moet nog meervan hulle kom doodmaak.Die Assiriërs moet hulle doodmaaksoos mense die ranke in ’n wingerd afsny.”
10. Met wie moet ek praat, wie sal na my luisterwanneer ek hom waarsku?Die mense van Jerusalem wil nie hoorwat ek sê nie, hulle wil nie luister nie.Hulle hou nie van die woorde van die Here nie,hulle spot met sy woorde.
11. Maar ek moet vir hulle sêdie Here is kwaad, ek kan nie stilbly nie.Die Here het gesê: “Praatmet die kinders in die strate,en met die jongmannewaar hulle bymekaar is.Praat met mans en vroueen met oumense,ook met die oumense wat baie oud is.
12. Ander mense sal hulle huise kom vat,en ook hulle grond en hulle vroue.Ja, Ek wil die mense van Jerusalem straf,
13. want almal, kinders en grootmense,wil ryk word van ander mense se goed.Die profete en priesters bedrieg my volk,
14. want hulle dink hulle kan alles regmaakwanneer hulle sê: ‘Daar is vrede, daar is vrede.’Maar daar is nie vrede nie.
15. Hulle het slegte dinge gedoen wat Ek haat,maar hulle het nie skaam geword nie,hulle is nie jammer nie.Daarom sal hulle ook sterf in die oorlog.Ek sal hulle straf, en hulle sal sterf.”Dit het die Here gesê.
16. Die Here het gesê:“Wanneer julle sien daar ismeer as een pad waar julle kan loop,en julle vra waar die ou paaie is,dan moet julle die regte pad kiesen daarop loop.Dan sal dit goed gaan met julle.Maar die mense van Jerusalem het gesê:‘Nee, ons sal nie op daardie pad loop nie.’
17. En wanneer Ek mense vir julle laat wagstaan,dan moet julle luisterwanneer die ramshoring blaas.Maar die mense van Jerusalem het gesê:‘Nee, ons sal nie luister nie.’
18. Daarom, volke, julle moet luister,en julle, my volk wat tussen die ander volke is,julle moet weet,
19. en almal in die land,julle moet luister:Ek sal nou hierdie volk straf.Hulle het planne gemaakom slegte dinge te doen,en nou sal slegte dinge met hulle gebeur,want hulle het nie geluisterna wat Ek gesê het nie.Hulle het gedink die dingewat Ek vir hulle leer, is nie belangrik nie.
20. Julle bring vir My wierook uit die land Skeba,julle bring kalmoes uit ’n ver land,maar dit beteken vir My niks.Ek hou nie van julle brand-offers nie,Ek wil nie offers van julle hê nie.”
21. Daarom, die Here sê:“Ek sal nou dinge laat gebeurwat hierdie volk sal laat sterf.Pa en seun, buurman en vriendsal saam sterf.”