Jeremia 6:19-30 Bybel vir Almal (ABA)

19. en almal in die land,julle moet luister:Ek sal nou hierdie volk straf.Hulle het planne gemaakom slegte dinge te doen,en nou sal slegte dinge met hulle gebeur,want hulle het nie geluisterna wat Ek gesê het nie.Hulle het gedink die dingewat Ek vir hulle leer, is nie belangrik nie.

20. Julle bring vir My wierook uit die land Skeba,julle bring kalmoes uit ’n ver land,maar dit beteken vir My niks.Ek hou nie van julle brand-offers nie,Ek wil nie offers van julle hê nie.”

21. Daarom, die Here sê:“Ek sal nou dinge laat gebeurwat hierdie volk sal laat sterf.Pa en seun, buurman en vriendsal saam sterf.”

22. Die Here sê:“Daar sal nou ’n volk komuit ’n land in die noorde.Dit is ’n groot volkwat uit ’n ver land sal kom.

23. Elkeen het ’n pyl en boogen ’n spies in sy hand.Hulle is wrede mense,hulle is vir niemand jammer nie.Wanneer hulle skree,dan is dit soos die see wat hard raas.Hulle ry op perde en hulle is gereedom oorlog te maakteen julle, mense van Sion.”

24. Die mense van Jerusalem het gesê:“Toe ons hoor hierdie vyande kom,het ons groot geskrik,ons was so bangsoos ’n vrou voor sy ’n baba kry.

25. Julle moenie uitgaan uit die stad nie,julle moenie op die paaie loop nie,want die vyande kom met hulle swaarde,en hulle sal oral wees.

26. My volk, julle moet rouklere aantrek en op die ashoop rondrol.Julle moet huil en treur soos mense treurwanneer hulle enigste kind gesterf het.Julle moet rou, want die vyande kom vinnig,en hulle sal alles verwoes.”

27. Die Here het vir my gesê:“Ek het jou gestuur om my volk te toetssoos ’n mens metaal smelt en toets,Ek het jou sterk gemaak sodat jy sal kykwat hulle doen en sodat jy hulle sal toets.

28. Hulle is almal hardkoppige en opstandige mensewat sleg praat van ander mense.Hulle is oneerlik wanneer hulle moet oordeel.Hulle is so hard soos brons en yster.

29. Wanneer die blaasbalk die vuur warm blaas,dan moet die lood uitsmelt,maar dit gebeur nie met my volk nie,die slegte metaal smelt nie uit nie.

30. Hierdie volk is soos silwerwat ’n mens moet weggooi.Die mense sê hulle is so,want die Here het hulle weggegooi.”

Jeremia 6