Jeremia 6:1-17 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê:“Mense van Benjamin,julle moet vlug uit Jerusalem.Julle moet die ramshoring blaas in die stad Tekoaen in die stad Bet-Keremmoet julle rook maakom mense te waarsku,want die vyande kom uit die noorde,en dit sal sleg gaan met julle.

2. Jerusalem is soos ’n baie mooi weiveld,

3. die konings kom daarnatoe met hulle soldate,soos die skaapboere kom met hulle troppe skape.Hulle slaan hulle tente op rondom die weivelden elkeen laat wei sy skape op die plek waar hy kom.

4. Die konings sê: ‘Maak gereedom oorlog te maak teen die stad.Kom ons val hulle aanin die middel van die dag.’Maar as dit te laat in die dag word,dan sê hulle:

5. ‘Maak gereed,kom ons val hulle aan in die nagen ons verwoes hulle mooi huise.’ ”

6. Ja, die Here wat oor alles regeer, sê:“Kap bome af en gooi grond teen die muursodat die soldate oor die muur van die stad kan klim.Ek wil die mense in Jerusalem straf,want hulle het aangehou om mense te laat swaarkry.

7. ’n Put hou aan om vars water te gee,en net so hou hulle aan om verkeerde dingete doen.Ek hoor hoe hulle mense laat swaarkryen hoe hulle die mense seermaak,Ek sien altyd net siekte en seerplekke.

8. Ek waarsku julle, mense van Jerusalem,as julle dit aanhou doen,dan sal Ek weggaan van julleen julle land leegmaak,daar sal nie meer mense woon nie.”

9. Die Here wat oor alles regeer, sê:“Dit is nog net die mense van Juda wat lewe,maar die Assiriërs moet nog meervan hulle kom doodmaak.Die Assiriërs moet hulle doodmaaksoos mense die ranke in ’n wingerd afsny.”

10. Met wie moet ek praat, wie sal na my luisterwanneer ek hom waarsku?Die mense van Jerusalem wil nie hoorwat ek sê nie, hulle wil nie luister nie.Hulle hou nie van die woorde van die Here nie,hulle spot met sy woorde.

11. Maar ek moet vir hulle sêdie Here is kwaad, ek kan nie stilbly nie.Die Here het gesê: “Praatmet die kinders in die strate,en met die jongmannewaar hulle bymekaar is.Praat met mans en vroueen met oumense,ook met die oumense wat baie oud is.

12. Ander mense sal hulle huise kom vat,en ook hulle grond en hulle vroue.Ja, Ek wil die mense van Jerusalem straf,

13. want almal, kinders en grootmense,wil ryk word van ander mense se goed.Die profete en priesters bedrieg my volk,

14. want hulle dink hulle kan alles regmaakwanneer hulle sê: ‘Daar is vrede, daar is vrede.’Maar daar is nie vrede nie.

15. Hulle het slegte dinge gedoen wat Ek haat,maar hulle het nie skaam geword nie,hulle is nie jammer nie.Daarom sal hulle ook sterf in die oorlog.Ek sal hulle straf, en hulle sal sterf.”Dit het die Here gesê.

16. Die Here het gesê:“Wanneer julle sien daar ismeer as een pad waar julle kan loop,en julle vra waar die ou paaie is,dan moet julle die regte pad kiesen daarop loop.Dan sal dit goed gaan met julle.Maar die mense van Jerusalem het gesê:‘Nee, ons sal nie op daardie pad loop nie.’

17. En wanneer Ek mense vir julle laat wagstaan,dan moet julle luisterwanneer die ramshoring blaas.Maar die mense van Jerusalem het gesê:‘Nee, ons sal nie luister nie.’

Jeremia 6