5. Ek het gedink ek salna die belangrike mense toe gaan,want hulle weet wat die Here wil hê,hulle weet hulle God wil hê hulle moet reg doen.Maar ook hulle is soos beeste wat die jukke breeken die stroppe stukkend ruk.
6. Die Here sê:“Daarom sal leeus uit die bosen wolwe uit die woestyn hulle kom doodmaak,luiperds sal by die stede lê en wagen hulle sal elkeen doodbyt wat uitkom.Dit sal gebeur omdat hulle altydso opstandig was teen Myen omdat hulle My verraai het.
7. Jerusalem, Ek kan jou mensenie vergewe vir hierdie dinge nie.Hulle het weggegaan van Myen wanneer hulle dinge belowe het,dan het hulle gesê die afgode is getuies.Ek het hulle genoeg gegee,hulle kon daarvan lewe,maar toe het hulle afgode gaan dien.Hulle het bymekaargekomin die tempels van die afgode.
8. Hulle het geword soos perde-hingstewat vet is en merries soek:Elkeen van hulle wil slaap by sy buurman se vrou.
9. Wil julle hê Ek moet hierdie dinge nie sien nie?Moet Ek mense wat so doen, nie strafoor wat hulle gedoen het nie?
10. Gaan verwoes die wingerde,maar nie alles nie.Sny af die ranke,die mense van Israel en Juda,want hulle is nie Myne nie.
11. Ja, Israel was heeltemal ontrou aan My.”Dit sê die Here.
12. Hulle het gemaak of die Herevir hulle niks beteken nie,hulle het gesê: “Die Here kan niksaan ons doen nie.Niemand sal ons doodmaak nie,en ons kos sal nie opraak nie.
13. Die profete praat nonsens,hulle sê dinge wat die Here nie gesê het nie.Wat hulle sê, sal met hulleself gebeur.”
14. Die Here, die God wat oor alles regeer, sê:“Omdat hulle dit gesê het,maak Ek nou my woorde in Jeremia se mond ’n vuur,en Ek maak hierdie volk die hout.Die vuur sal hulle brand, daar sal niks oorbly nie.
15. Mense van Israel, Ek sal nou’n volk van ver bring om julle aan te val,’n volk wat lankal daar is, van lank gelede af.Daardie volk praat ’n taal wat julle nie verstaan nie.
16. Hulle soldate kan almal goed oorlog maak,hulle pyle bring dood.
17. Hulle sal julle kos op-eetwat in julle koringlande of in julle huise is,hulle sal julle seuns en julle dogters doodmaak,hulle sal julle skape en bokke en beeste op-eet.Hulle sal julle wingerde en julle vyebome verwoes,hulle sal julle stede wat die sterk mure het,plat slaan met hulle swaarde.
18. Maar ook daardie tydsal Ek julle nie almal laat sterf nie.