Jeremia 5:14-17 Bybel vir Almal (ABA)

14. Die Here, die God wat oor alles regeer, sê:“Omdat hulle dit gesê het,maak Ek nou my woorde in Jeremia se mond ’n vuur,en Ek maak hierdie volk die hout.Die vuur sal hulle brand, daar sal niks oorbly nie.

15. Mense van Israel, Ek sal nou’n volk van ver bring om julle aan te val,’n volk wat lankal daar is, van lank gelede af.Daardie volk praat ’n taal wat julle nie verstaan nie.

16. Hulle soldate kan almal goed oorlog maak,hulle pyle bring dood.

17. Hulle sal julle kos op-eetwat in julle koringlande of in julle huise is,hulle sal julle seuns en julle dogters doodmaak,hulle sal julle skape en bokke en beeste op-eet.Hulle sal julle wingerde en julle vyebome verwoes,hulle sal julle stede wat die sterk mure het,plat slaan met hulle swaarde.

Jeremia 5