36. Dit is hoekom ek kla oor die Moabiete,oor die mense van Kir-Geres.Ek kla soos mense wat hartseer is en fluite blaas,want al hulle goed wat hulle gebêre het, is weg.
37. Ja, al die mensehet hulle koppe kaal geskeeren hulle baarde afgeskeer,hulle het hulle hande stukkend gesnyen rouklere aangetrek,
38. die mense rou op al die dakkeen op die oop stukke grond,want Ek het Moab gebreek soos ’n kleipotwat niemand wil hê nie.”Dit sê die Here.
39. Die Moabiete is bang, hulle huil en vlug,want hulle het verloor in die oorlog.Al die volke rondom die Moabiete lagoor wat met hulle gebeur het,en mense skrik wanneer hulle dit sien.
40. Ja, die Here sê:“Kyk, die vyande sal afkom soos aasvoëlsen hulle sal oor Moab vlieg.
41. Hulle sal die stede oorwin,ook die stede wat sterk mure het.“Die soldate van Moab sal daardie dag so bang word soos ’n vrou wanneer haar baba gebore moet word.
42. “Die vyande sal die Moabiete doodmaak,hulle sal nie meer ’n volk wees nie,want hulle het gedink hulle is belangrikeras die Here.”
43. Die Here sê:“Mense van Moab, julle sal skrik en in vang-gate val,die vyande sal julle in vangnette vang.
44. Iemand wat skrik en vlug,sal in ’n vang-gat val,iemand wat uit ’n vang-gat klim,sal in ’n vangnet vassit,want Ek sal die tyd laat komwanneer Ek vir Moab sal straf.”Dit sê die Here.
45. Die mense wat vlug, staan indie skaduwee van die stad Gesbon,hulle het nie meer krag nie,want ’n vuur het uit Gesbon en Sihongekom en dit het die koppe verbrandvan die Moabiete wat so gespog het.
46. Moabiete, dit sal sleg gaan met julle,die vyande het die volk van Kemos oorwin,want hulle seuns en hulle dogtersis gevangenes,die vyande vat hulle weg.
47. Maar die Here sê: “Ek sal dit later weer goed laat gaan met die Moabiete.”Dit is wat die Here gesê het oor Moab.