Jeremia 48:15-29 Bybel vir Almal (ABA)

15. maar die vyande het gekomen hulle sal Moab en sy stede verwoes,hulle sal Moab se beste jong soldate doodmaak.”Dit sê die Here, Hy is die Koning wat oor alles regeer.

16. “Die tyd kom vinnig wanneerdit sleg sal gaan met Moab,dit sal gou gebeur.

17. Julle almal rondom Moab,julle wat die land ken,julle moet jammer wees vir homen julle moet julle koppe skud,julle moet sê: ‘Moab hetoor ander volke regeer,baie mense het hom gedien,maar Moab se septer het gebreek.’

18. Mense van die stad Dibon,julle moet afklim van julle mooi stoele,julle moet op die grond in die stof gaan sit,want die mense het gekomwat julle stad sal verwoes,hulle het julle sterk mure afgebreek.

19. Mense van die stad Aroër,julle moet langs die pad gaan staan,julle moet kyk, en wanneer daar mense komwat vry weggekom het en wat vlug,dan moet julle vir hulle vra:‘Wat het gebeur?’ ”

20. Moab het die oorlog verloor,ja, hulle het bang geword.Julle moet huil en vra dat iemand hulle moet help,julle moet vir die mense by die Arnon-rivier verteldat die vyande vir Moab verwoes het.

21. Die Here straf die mense op die Hoëveld, die mense van Golon, Jahesa, Mefaät,

22. Dibon, Nebo, Bet-Diblatajim,

23. Kirjatajim, Bet-Gamul, Bet-Meon,

24. Kerijot en Bosra, al die stede in die land Moab, ver en naby.

25. Die Here sê:“Moab was sterk maar nou is hy swak,hy is soos ’n man met ’n af arm.”

26. Julle moet Moab dronk maak totdat hy opgooi,want hy het gedink hy is belangriker as die Here.Die ander volke moet vir hom lag.

27. Moab, dit sal met jou gebeuromdat jy vir Israel gelag hetsoos ’n mens lag vir ’n diefwanneer jy hom vang.Ja, jy het oor Israel gepraat,maar nou moet jy jammer wees vir jouselfen jy moet jou kop skud vir jouself.

28. Mense van Moab,julle moet weggaan uit die stede,julle moet tussen die rotse gaan woon,julle moet word soos duiwe wat hulle neste maakin die kante van diep gate.

29. Ons het gehoor die Moabieteis hoogmoedig en trots,hulle dink hulle is belangriken wonderlik en beter as ander volke.

Jeremia 48