8. Ek sal hulle reinig en die sondes vergewe wat hulle gedoen het toe hulle verkeerd gedoen het en opstandig was teen My.
9. Al die volke op die aarde sal hoor van die goeie dinge wat Ek vir Jerusalem gedoen het, en hulle sal weet dat Ek trots is op die mooi stad wat my Naam het. Die volke sal skrik en verbaas wees omdat Ek al die goeie dinge doen vir die stad en omdat die mense veilig woon in die stad.”
10. Die Here sê: “Julle sê Jerusalem is net ’n hoop klippe, daar is nie mense of diere in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem nie, alles is verwoes, daar woon niemand nie en daar is nie diere nie. Maar Ek sê julle sal weer hoor
11. dat die mense vrolik en bly is, en dat hulle weer sal trou en bruilof hou. Hulle sal sing en sê:“ ‘Prys die Here wat oor alles regeer,want die Here is goed,en Hy doen altyd wat Hy belowe het.’“Julle sal hoor die mense bring weer dank-offers in die tempel. Hulle sal dit doen, want Ek sal dit weer goed laat gaan in die land, soos voorheen.”Dit sê die Here.
12. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Hierdie plek is nou net hope klippe, en hier is nie een mens of dier nie. Maar hier sal weer weiveld wees waar die wagters hulle skape en bokke oppas.
13. Dit sal gebeur in die stede van die Bergland, in die stede van die Laeveld, in die stede van die Suid-land, in die land Benjamin, rondom Jerusalem, en in die stede van Juda. Die mense sal weer hulle skape tel.”Dit sê die Here.
14. Die Here sê: “Kyk, die tyd sal kom wanneer Ek sal doen wat Ek belowe het toe Ek gesê het daar sal ’n goeie ding gebeur met die volk Israel en die volk Juda.
15. Daardie tyd sal Ek ’n regte afstammeling van Dawid koning laat word, en hy sal reg doen aan die mense in die land.
16. Daardie tyd sal Ek Jerusalem red, en sy mense sal veilig woon. Die naam van die stad sal wees: ‘Die Here doen reg aan ons.’ ”
17. Ja, die Here sê: “Daar sal altyd iemand van die nageslag van Dawid wees wat op die troon van die volk Israel sit.
18. En daar sal altyd ’n priester of ’n Leviet wees wat vir My brand-offers en koring-offers of ander offers bring.”
19. Jeremia het gehoor die Here sê vir hom:
20. “Die Here sê: Ek het ’n ooreenkoms met die dag en die nag gemaak, sodat die dag en die nag sal kom wanneer hulle moet kom. Julle kan nooit daardie ooreenkoms breek nie.
21. “Net so sal Ek nooit my verbond met Dawid breek nie, iemand van sy nageslag sal altyd koning wees. Ek sal ook nooit my verbond breek met die priesters en die Leviete wat vir My werk nie,
22. want Ek sal die nageslag van Dawid en die Leviete wat vir My werk, baie laat word, so baie soos die sterre in die lug, niemand kan hulle tel nie. Hulle sal so baie wees soos die sand by die see, niemand kan dit meet nie.”
23. Jeremia het gehoor die Here sê vir hom: